Select Page
Welkom by Vimardi Akademie en Naskool

As ‘n Leersentrum is ons ten volle toegewyd om u kind te ondersteun en te motiveer in haar/sy skolatiese akademiese loopbaan van Gr RR tot Gr 9

Die Leersentrum se klasse is klein en hanteerbaar sodat al ons leerders die nodige aandag kan ontvang wat hulle verdien. Ons klassies is nie groter as 10 – 12 kinders.

Ons verleen slegs ondersteuning aan leerders in Afrikaans en wat geregistreer is om die CAPS-kurrikulum tussen Gr R – Gr 9 van Impaq (Optimi) te beoefen (met uitsondering van Gr RR)

Wat maak Vimardi Akademie en Naskool anders?

  • Die Leersentrum is ‘n Christen Leersentrum waar Christelike opvattings deurgaans prioriteit geniet.
  • Ons open elke Maandag met Godsdiens
  • Robotika is opsioneel en kan aan leerders vanaf Gr 1 – Gr 9 gebied word
  • Ons Leerders van Gr 4 – Gr 9 ontvang een keer ‘n week ekstra hulp in Wiskunde tydens klas tye
  • Ons het musiek, lees en kunsklas elke Vrydag
  • Vrydae kry ons leerders ‘n “belonging” vir goeie gedrag en harde werk
  • Alle onderwysers ontvang opleiding in noodhulp, brandveiligheid en vuurblussing
  • Al ons personeel is entoesiasties en die studente sien daardie passie, en dit maak hulle entoesiastiese deelnemers.
  • Leerders kry die geleentheid om as ‘n leier gekies te word in Gr 3, 6 en 9.
  • Elke kind se idees en opinies word as waardevol gesien
  • Ons leerders kan altyd weer terug keer na hoofstroom skole
  • Ons leerders skryf gereeld verrykingstoetse om seker te maak dat hulle alle vaardighede bemeester.
  • ‘n Meriete- en ‘n Revue-aand word aan die einde van die jaar gehou.
  • Ons het ‘n Kersmark / Entrepeneursdag vir ons leerders waar hulle hulle eie tuisgemaakte items kan verkoop
  • Gr 7 kamp!

Ouers se verantwoordlikhede

  • Registreer die Leerders vir tuisonderig by die Departement van Onderwys met uitsondering Gr RR.
  • Registreer die Leerders by Impaq (Optimi) met uitsondering van Gr RR
  • Impaq (Optimi) Onderrigmateriaal word deur Ouers verskaf met uitsondering Gr RR
  • Leerders moet toegang hȇ tot eie rekenaartoerusting. Ons voorsien WiFi.

Ons droom groot!

By Vimardi Droom ons groot,

Werk ons saam

Is ons Entoesiasties

Respekteer ons mekaar

Vra ons Vrae

Help ons mekaar

Is ons eerlik

Boelie ons nie

Is ons geduldig

Deel ons

Is ons gehoorsaam